MARINADE
1/4 k olyfolie sap van een suurlemoen
1/2 – 3/4 k lemoensap / pynappelsap 1/2 k rooiwyn
2 eetl. knoffel basilie, origanum, swart peper
- Stop fillet met knoffel in skuins gate (maak gate saam met grein van vleis).
- Marineer fillet heel in marinade vir 2-4 uur. Draai elke uur om.
- Sny fillet in 2 cm skywe. Braai vinnig (net gaar!) in olyfolie in ysterpot. Sorg dat bodem van pot bedek bly (gebruik marinade). Moenie aanbrand nie! Baie belangrik. Skuif vleis rond in pot – dit voorkom aanbrand. As dit brand, is die gereg daarmee heen.
SOUS
- Vleisaftreksel en 1/4 k wyn (rooi of wit) om die “aanbrandsel” (wat nie gebrand het nie!) los te maak. Hou dit in die pot – dis die basis vir die sous.
- Voeg orige marinade by en laat kook.
- Voeg room by (ongeveer 1/2 k per persoon – tipies Herman!)
- Voeg 1 eetl brandewyn by.
- Sit vleis in sous, laat net weer borrel.
GEREED VIR OPSKEP!