Frikkedelle 2.0 (Herman)

Meng 1 k maalvleis met 1 k gerasperde wortel, 1 eier, worchestersous, braaivleisspeserye, uiesout, knoffelsout, gemengde kruie. Maak bolletjies en braai in ‘n pan tot halfgaar.

In dieselfde pan, braai fyn uie to goud. Voeg dan by:

1 blik Chopped Tomato

1 tl oregano

 

Genoeg chilli

Sap van ‘n halve suurlemoen

Stowe en roer nou en dan totdat meeste van die vloeistof verdamp het en die tamaties lekker glad is. Toets vir sout.

Sit voor saam met Tagliatelle en parmesan of gekrummelde Feta.