Neem enige beesbraaistuk, steek ‘n gat met ‘n skerp mes (saam met die vleisdraad) in die middel van die stuk vleis. Maak die gat rond met ‘n houtlepelsteel. Stop ontbytspek in die gat. Braai vleis aan alle kante bruin in braaiskottel. Gooi oortollige olie af. Gooi water by (sowat 2 duim). Voeg by:
Water Tobascosous
Worchestersous braaivleisspeserye
Uiesout knoffelsout
Gemengde kruie
Laat vleis vir ± 3 uur prut bo-op die stoof. Laat dit afkoel voor dit gesny word. Laat snye in die sous prut voor bediening.