3x 500 ml droë vrugte (appelkose, perskes)
3x 500 ml asyn (appel of druif is beter)
3x 150 ml water
3x 500 ml suiker (wit of bruin)
3 knoffelhuisies (fyngekap)
3x 1cm vars gemmer (gemmer so dik soos Herman se duim)
3x 1 gedroogte rissie (enige soort na smaak)
3 korrels wonderpeper (“allspice”, nie gemengde kruie nie, dis ruik soos naeltjies)
3 x 3 peperkorrels (=9)
3 naeltjies
3 x ½ teelepel koljander
3x ½ teel sout
Woer-woer die vrugte tot redelik fyn.
Kook vrugte, asyn, en suiker in vlekvrye kastrol. Draai af na prut sodra dit kook.
Maal die droë speserye saam tot fyn en voeg by.
Versnipper knoffel en gemmer en voeg by.
Prut vir ʼn uur, roer gedurig. Gebruik ʼn plat houtlepel om mee te roer. Die mengsel brand
maklik.
Die mengsel behoort redelik loperig te wees en behoort nie aan die lepel te kleef nie. Indien die
mengsel te dik is, voeg water by – 100 ml op ʼn slag.
Hou aan prut.
Die mengsel is reg wanneer dit ʼn goudbruin kleur kry en dik genoeg is.
Gooi in gesteriliseerde glasflesse. Stoor in ʼn koel donker plek.
Die blatjang is gereed vir gebruik na ongeveer 6 weke, soms minder.