Aubrey se Kwaai Braai Paai

2 Rolle Skilferkorsdeeg
1 Pak Spinasie
Gaar Hoenderborsies
1 Pakkie Gesnipperde Spek
1 Ui
1 Rooi Rissie
1 Geel Rissie
1 Pak Sampioene

Ina Paarman se Rosemary and Olive
Feta
Mozzarella

Cheddar
Metode:
Laat ontdooi die deeg en rol uit op snyplank.
Braai ui, rissie en spek saam.
Voeg Ina Paarman se Rosemary and Olive en peper by.
Sit helfte van rou spinasie op deeg.
Sny hoenderborsies in stukkies en plaas op spinasie.
Sit uie en spek mengsel op.
Pak sampioene op.
Sit nou verskillende kase op.
Eindig met ander helfte van spinasie.
Plaas deeg bo-op. Verf met eier/melk.
Maak deeg oral toe, soos ‘n pakkie
Gebruik rooster met randjies.
Braai hoog op vuur.
Braai 15 minute,draai gedurig om.
Braai tot mooi goudbruin.