Ontbeende Lam oor die Kole 1.0 (Herman)

Genoeg vir 6-8 mense

Bestanddele:

  • 1 lamsboud, oopgespalk en ontbeen. (Sny kepies langs die spiere sodat die vleis effens platter lê)
  • Marinade:

250 ml suurlemoensap

250 ml olyfolie

15 ml gekapte vars roosmaryn (5 ml gedroog)

15 ml gekapte vars tiemie (5 ml gedroog)

15 ml gekapte vars marjolein (5 ml gedroog)

2-10 huisies fyngedrukte knoffel (na smaak)

Metode:

  1. Strooi sout en varsgemaalde peper oor die lam en vryf dit in saam met ‘n bietjie suiker.
  2. Plaas die lam in ‘n braaipan.
  3. Meng die marinade-bestanddele en gooi dit oor die vleis.
  4. Marineer vir 6 uur; draai die vleis elke 3 uur om.
  5. Braai oor medium tot stadige kole vir sowat 45 minute, en verf gereeld met marinade. Los ‘n bietjie marinade in die braaipan.
  6. Maak die oorblywende marinade warm, plaas die lamsboud daarin en laat dit ‘n paar minute rus terwyl jy dit warm hou.