Wenner Potjie (Herman)

Bestandele

2 kg ontbeende lamsboud, in 2cm blokkies gesny
5 uie, in kwartringe gesny
5 knoffelhuises, fyn gekap
10 Wortels, in 2cm stukke gesny
2 groot pakke groenbone, in 2cm stukke gesny
1/2 kool, in pinkiegrote skywe gesny
230 g tamatiepuree
1 blik chickpeas, of vars wat oornag in water was
500g sagte droee appelkose, in die helfte gesny
500g pitlose sulatanas
250g droee vye, heel
Olyfolie
Water
–
Geursel:
2 blokke lamb stock
5 cardamom peule
5 stokkies kaneel
10 teelepels koljander
5 teelepels komyn
5 naeltjies
10 swartpeperkorrels
3-6 teelepels chillipoeier
2 teelepels droee gemmer
Meng alles behalwe die lamb stock in ‘n spice grider tot fyn. Stoor lugdig.
–
Resep:

Maak ‘n groot vuur
Berei die uie eerste voor, dan die wortels, knoffel, boontjies en lam.
Sodra daar genoeg kole is, skraap hulle uit die vuur en in onder die pot
Braai die uie tot ligbruin.
Die deksel bly die heeltyd op die pot, tensy jy wil kyk, roer, of iets bygooi.
Beheer die hitte van die pot deur kole in of uit onder die pot te skuif.
Voeg wortels en knoffel by en braai vir ‘n paar minute
Sit nog hout op die vuur
Indie moontlik, kook 500ml water en los die lamb stock op daarin.
Andersins versnipper die stock.
Voer die speserymengsel by en roer heeltyd tot geurig. Miskien 30 sekondes.
Voeg die water en stock stadig by en roer gedurig. Jy wil die hitte in
die pot behou.
Sorg dat daar genoeg kole is vir ‘n goie prut, nie ‘n vinnige kook nie.
Voeg die tamatiepuree by en roer tot die pot weer prut.
Voeg die lam by en roer. Die vloeistof in die pot moet die lam
heeltemal bedek. Indien nie, voeg water by en roer.
Sit nog kole by en wag tot die pot begin prut.
Sprinkel die sultanas in die pot
Sprinkel die appelkose in die pot
Voeg die boontjies by in ‘n laag bo oor alles
Voeg die kool by in ‘n laag oor alles
Die kool behoort net-net sigbaar te wees. Voeg water by indien nodig.
As daar te veel vloeistof is, moenie worry nie.
Sit die deksel op.

Van nou tot etenstyd neem 2 ure. As jy genoeg tyd het, laat die pot
stadige prut wan
Lig die deksel en kyk na die pot elke 15 minute. Jy wil ‘n BAIE
STADIGE prut h^e die heeltyd.
Hou aan om nog hout by die vuur te sit en nuwe kole onder die pot in
te skuif soos nodig.
JY MAG NIE DIE POT ROER NIE.
Jy moet wel van tyd tot tyd ‘n plat lepel langs die kante afdruk en
dinge ‘n bietjie los te maak.

1 uur voor ete:
As jy te veel vet in jou pot het, skep dit nou af.
Die vloeistof behoor op hierdie stadium al die bestandele net-net te
bedek. Indien te min, sit ‘n lepel langs die kant van die pot in en
voeg beitjie-bietjie by. indien te veel, haal die deksel af en laat
die vloeistof wegkook.
Wanneer die vloeistofvlak reg is, voeg die vye by en los die deksel
een kwart oop sodat die vloeistof stadig kan wegkook.
Moenie nou nog kole bysit nie.
Die potjie is droog genoeg wanneer jy die boonste bestandele kan sien.
Dit moenie swem nie.
Maak dan die deksel dig toe en chill.