Steak Marinade (Herman)

Hierdie is die marinade wat ek gebruik het toe ek ‘n braaier was by die Loeloeraai restaurant.

1 bottel wit wyn/druiwesap                         1 k blatjang

½ k tamatiesous                                           1 eetl sojasous

1 k olyfolie                                                     1 gekapte ui

basilie en ander kruie

Meng al die bestanddele en laat steak in marinade week.

Braai die steak op hoe hitte vir ‘n halfminuut op ‘n kant. Doop in die marinade elke keer wat die steak gedraai word.

Dit werk ook uitstekend vir ‘n heel fillet. As jy nie die fillet laat val nie.