Appelbobotie

1 ui (fyngekap                                                           1 eier

2 snye wit brood geweek in water                         15 ml olie

1 kg maalvleis                                                          sap van 1 suurlemoen

1 teel sout                                                                 2 teel borrie (10 ml))

30 ml kerriepoeier                                                    30 ml appelkooskonfyt

100 ml vleisaftreksel

 

4 kookappels, in blokkies gesny en net tot sag geprut. Dit kan in die mikrogolf gedoen word. Moenie pap kook nie.

 

375 ml koekmeel                              2 ml sout

125 g sagte botter                            ± 30 ml water (gebruik net genoeg om deeg stewig te kry)

 

  • Braai uie in olie, voeg kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by.
  • Meng brood, eier, vleis en suurlemoensap.
  • Voeg vleismengsel by uiemengsel; voeg vleisaftreksel by en prut tot gaar.
  • Skep in bakskottel, skep appelblokkies bo-oor.
  • Meng meel en sout, vryf botter in. Meng tot stewige deeg met bietjies water.
  • Sit in yskas vir ongeveer ‘n halfuur sodat dit stewig word; raspe oor die vleismengsel. As mens haastig is, kan jy dit sommer dadelik oor die vleis krummel.
  • Bak teen 180 C vir 30 min. tot kors strooikleur is.