Hierdie is die resep wat ek deesdae gebruik. Dis is seker genoeg vir 8
normale mense, of 6 Van der Merwes, Combrinks, etc.
1 groot uit, fyn gekap
500g hoenderlewer, grof gekap.
1 huisie knoffel
1 tl gemengde kruie
1 tl sout
1 tl gemaalde swart peper
125ml sherie
75ml room
250g botter.
Braai die fyn uie in botter totdat dit begin bruin raak.Maak die knoffel fyn en voeg by.
Plaas die hoederlewer in die woer-woer, druk die groen knoppie, en haal die fyn lewrer uit. Voeg by die uie-mengsel.
Voeg by sout, peper, kruie. As jy wil, ‘n bietjie Tabasco.
Op hierdie stadium sal jou mengsel te droog, te nat, of te grys wees.
1. Indien te droog, voeg nog botter by. Jy kan nie te veel botter bysit nie.
2.Indien te nat, hou aan braai oor ‘n lae hitte totdat die fog opgebruik is. Verwys na 1.
3. Indien die hele spul te grys is, verwys na 1. en 2.
4. Draai die plaat af tot redelik laag en gee jouself tyd om die mengsel reg te kry. Daar is geen haas nie. Al wat belangrik is, is dat die lewer wel gaar gekook is, anders sal daar probleme wees.
Wanneer jou mengsel ‘n goeie bruin kleur het en jy lekker lui borrels het wat begin vas sit aan die bodem an die pot, voeg die sherrie by. Meng goed en skraap die bodem.
Jy sal dalk ‘n paar ekstra bakke nodig h^e hiervoor, maar verwerk al jou hoenderlewer deur die woer-woer totdat dit die tekstuur het wat jy wil hê. Gooi jou verwerkte lewer-pasta terug in die pan. (Ja, daar is name daarvoor.)
In die pan vol fyn puree, voeg die res van die sherrie by. Voeg helfte van die room by. Meng goed. Dit behoort ‘n baie slap mengsel te maak. In dien nie, voeg nog room by. Eerder te veel as te min. Ditto sherrie.
Hou aan roer. Maak seker dat die mengsel deur gekook het. Wanneer jy dink dis reg, smelt botter in die nuker. Skep die pate in opdienbakkies en gooi die gesmelte botter bo-oor.
Verkoel die resultate. Dit sal vir ‘n paar weke lank hou onder ‘n laag botter. Wanneer die botter-laag gebreek word moet dit klaar geeet word.
Dis nogal baie instruksies vir ‘n eenvoudige resep. Dit is makliker as was dit klink.