Bief met Monkeyglandsous

1,5 – 2 kg beesvleis (in blokkies gesny)

1 ui (in skywe)

15 ml botter

Sous

250 ml tamatiesous                         15 ml aangemaakte mosterd

50 ml brandewyn                             15 ml blatjang

sap van 1 suurlemoen                    15 ml suiker

7 ml A1-sous                                    7 ml Worchestersous

5 ml sout                                            knypie peper

  • Soteer die uit in die botter. Hou eenkant.
  • Braai die vleis bietjies vir bietjies bruin in olie.
  • Meng al die sousbestanddele.
  • Sit vleis, uie en sous terug in dikboomkastrol, meng goed. Sit deksel op en stowe die vleis stadig tot sag. Roer af en toe sodat die sous nie aanbrand nie.
  • Sit gereg voor met rys en slaai (6 porsies).

Laat 'n boodskap