Sny rump/topside/silverside in dikkerige skywe. Beuk vleis (met ‘n piering), smeer vleis met mosterd en laat oornag marineer. Volgende dag: rol die vleis in meel en braai dit bruin; pak dit in ‘n oondskottel. Meng souspoeier (met water), kruie na smaak, Worchestersous, blatjang, tamatiesous, ‘n paar druppels Tobasco met genoeg water/vleisaftreksel om vleis te bedek. Bak in [‘n stadige oond (140 C) tot sag (1½ uur).