Gestoofde droë perskes met garam masala. Uitstekend saam met vark, lam of kerrie.
Maak so:
500g gedroogde perskes
3 teelepels garam masala
Water
Gooi die masala in die pot. Voeg die perskes by. Voeg genoeg water by om die perskes net-net te bedek.
Prut stadig vir 15 minute. Roer om die speserye te versprei. Moenie die perskes breek nie.
Prut vir nog 15 minute of tot die perskes sag is.
Skep uit in jou opdienbak. Los die stroop in die pot.
Indien te loperig kook dit liggies af vir ‘n paar minute. Roer die hele tyd.
Giet die stroop oor die perskes en hou warm totdat dit bedien word.
