500g hoender, in stukkies gesny Speserymengsel:
500g gerookte wors, in repies gesny 250 ml sout
250 ml gekapte groen rissie (en/of rooi) 250 ml uiesout
5 x 250ml hoenderaftreksel 250 ml knoffelsout
125 ml stingeluie, gewas en gekap 250 ml droë basilie
125 ml vars pietersielie, gekap 125ml droë tiemie
250 ml gekapte selery 60 ml swart peper
250 ml olie 60 ml witpeper
125 ml meel 60 ml rooipeper
5 ml knoffel 60 ml paprika
15 ml speserymengsel 125 ml droë oreganum
500 ml gekapte uie
- Verhit 125ml van die olie. Braai worsstukkies tot bruin en skep uit die kastrol. Geur hoenderstukkies met die speserymengsel en braai tot ligbruin in dieselfde kastrol.
- Verhit orige olie, voeg meel by en braai een minuut. Voeg uie, selery, soetrissie en knoffel by en roer een minuut. Voeg hoender en worsstukkies by en verlaag die hitte.
- Voeg hoenderaftreksel geleidelik by en klop tot mengsel kook. Prut stadig vir sowat een uur. Voeg sprietuie en pietersielie by sowat 10 minute voor opdiening. Bedien voor met rys
- Opsionele ekstras: groente, sampioene, stukkies ham, salami, varkoorskiet.