1 heel hoender sout en swartpeper na smaak
2 uie 1 vinkelbol (in stukke) – opsioneel
1 pynappel in ringe 6 medium wortels
1k blatjang 1k lemoensap
2 takkies vars roosmaryn
Sorg dat die hoender goed skoon is. Geur van binne en buite met sout en peper. Pak helfte van die uie in die hoender. Pak die groente om die hoender. Meng die blatjang en sap en gooi oor die hoender. Sit takkies roosmaryn bo-oor hoender. Bak hoender vir 1½ uur in ‘n toe skottel. Bedruip nou en dan met sous. Haal deksel laaste kwartier af sodat die hoender bruin kan bak.