1 kg vleis (skaapboud) 3 uie, gekerf
1 soetrissie, gekap 5 ml groen gemmer
6 knoffelhuisies 12,5 ml elk van tiemie, marjolein, basilie
kaneel 50-75 ml roosmaryn
125 ml olie mielieblom
5 ml oreganum sout en peper
Smoor uie, rissie, knoffel, kaneel en olie. Voeg vleis bietjies-bietjies by en braai bruin. Voeg res van die kruie by en stowe tot sag. Verdik met mielieblom. Indien verkies, kan groente (aartappeltjies en wortels) bygevoeg word. Bedien saam met geelrys of klapperrys.