Hierdie een kom uit Suid-Frankryk. Opgejazz met braaivleisspesery en Worcestersous. Want dis nodig.
Puik saam met neutrale bykosse soos aartappels, rys, groenbone en blomkool.
‘n Lamsblad bevat baie been en vet. Werk op omtrent 500g rou massa per persoon.
Jy benodig:
Lamsblad
1/2 bottel rooiwyn
Worcesteershiresous
2 huisies knoffel, rof gesnipper
Roosmaryn
Tiemie
Braaivleisspesery
125ml room
Maak so:
Gooi amper al die wyn in ‘n braaibak. Voeg by die knoffel, ‘n paar skutte worcestershiresous en ‘n teelepel tiemie en roosmaryn.
Plaas die blad in die bak. Gooi bo-oor die res van die wyn, ‘n paar skutte worcestershiresous en ‘n teelepel tiemie en roosmaryn.
Bak in die oond teen 140C vir 3 uur. Draai op tot 180C vir nog ‘n uur.
Haal die blad uit die skottel, bedek met foelie en hou warm.
Skep die vet af totdat daar net ‘n dun lagie oorbly.
Proe die sous. Dit behoort baie intens te wees. Voeg peper by.
Voeg helfte van die room by en kook tot die volume gehalveer het.
Die sous behoort nie te dik te wees nie, maar nie waterig nie. Kook verder om te verdik indien nodig. Voeg nog room by indien die sous te intens is. Voeg sout by indien nodig.
Variasies:
Indien jy vars laventelblare het, voeg dit by saam met die roosmaryn. Dit gee ‘n unieke geur en is eg Frans.
Jy kan jou sous ook verdik met buerre manié. Dit gee ‘n dieper kleur en meer intense smaak.

