Skaapboud (Ma Louise)

Meng:

½ k meel met ‘n bietjie:

Braaivleisspeserye

Uiesout                                              Knoffelsout

Gemengde kruie                              Marjolein

 

  • Plaas boud in braaiskottel.
  • Vryf boud in met Worchestersous, daarna met meelmengsel.
  • Strooi oorblywende meel in die skottel en bo-oor die boud.
  • Voeg ½k wit wyn by (opsioneel) en vars knoffel.
  • ‘n Paar druppels tobasco is ook lekker.
  • Voeg genoeg water by om die meel onder in die skottel net te maak.
  • Bak 2½ – 3 uur lank vir ‘n kleinerige boud (of 4 – 5 uur lank vir ‘n groter boud) – 180 (of teen 160 as mens baie tyd het). Kyk elke 20 minute vir die eerste uur sodat die meel nie aanbrand of te dik word nie. Daarna, elke uur. Sorg dat daar genoeg water is dwarsdeur die bakproses.
  • Wanneer gaar, laat boud bietjie rus voor dit gesny word.
  • Maak sous van die vleissappe in die oondskottel. Dit behoort dik genoeg te wees. Voeg bietjie Bisto by indien skerper smaak verlang word.

Laat 'n boodskap