450 g kalfsvleis, in repies gesny/ hoenderrepies
500g Tagliatelle
Parmesankaas
125 ml meel
50 ml botter
1 ui, gekap
1 pakkie bruin sampioene
125 droë witwyn
60 ml hoenderafreksel
165 ml room
sout, knoffelsout
5 ml maizena, gemeng met bietjie water tot ‘n pasta (opsioneel)
- Bedek die repies kalfsvleis/hoender met meel. Smelt die botter en braai die vleis liggies. Verwyder die vleis.
- In dieselfde pan, braai uie en sampioene tot sag. Voeg wyn by en prut.
- Voeg hoenderaftreksel, room en speserye by. Prut.
- Voeg die vleis net voor biediening by, om deurwarm te word. Verdik met Maizena indien nodig.
- Kook pasta volgens aanwysings
- Skep sous bo-oor die pasta en sprinkel Parmesankaas bo-oor.
- Genoeg vir 4 porsies.